Eet Vir My Gene

DNS is die genetiese materiaal waarvan ons liggaam gemaak is. Ons kry die helfte van ons DNS van ons moeder en die ander helfte van ons vader.
Eet Vir My Gene
Eet Vir My Gene

“Vetsug hardloop in my familie”: ‘n Gesegde wat gewoonlik geuiter word deur diegene wat dit moeilik vind om hul gewig te bestuur. Maar kan ons ons gene gebruik as ‘n verskoning in die gewigverloor stryd?

Wetenskaplikes is besig om te verstaan hoe ons gene nie net die kleur van ons oë, liggaamsvorm en hoogte beïnvloed nie, maar ook hoe ons genetiese veranderlikheid ons vermoë kan affekteer om ‘n gesonde gewig te handhaaf.

Die DNS Taal

DNS is die genetiese materiaal waarvan ons liggaam gemaak is. Ons kry die helfte van ons DNS van ons moeder en die ander helfte van ons vader. Ons DNS bevat alle instruksies nodig vir die liggaamselle se optimale funksionering. Gene bestaan uit lang stukke DNS.

Eenvoudig gestel, DNS is soos die alfabet en die gene is die woorde wat die DNS alfabet uitspel. Saam staan ons gene bekend as ons genoom, wat die liggaam se volledige lys van instruksies is.

Wat beteken dit wanneer ek ‘n genetiese variase het?

In 2003 het die revolusionere Human Genome Project elke enkele geen van die menslike liggaam gekarteer.

Daar is ongeveer 22 300 gene, en alhoewel 99% dieselfde is, is daar soms klein variasies in ons gene – soos variasies in die kleur van ons hare en oë. Weens hierdie variasies, het ons almal ‘n unieke genetiese samestelling wat ons geneties en sigbaar verskillend maak.

Soms mag daar genetiese variasies wees wat ons moontlik kwesbaar maak. Hierdie kwesbaarheid word verder versterk in die konteks van swak omgewing en leefstyl faktore soos om oorgewig te wees, te rook, onaktiwiteit, ‘n lae vrugte en groente inname en ‘n hoë versagdigde vet inname, onder andere.

Hierdie faktore, in samewerking met ons gene, mag ons gewig beïnvloed.

Moet jy jou gene toets?

Daar is vele kommersiële toetse beskikbaar in Suid-Afrika om jou gene te toets. Genetiese toetse kan ons help ons vetsug risiko te bepaal, hoe die liggaam reageer op koolhidrate en verskillende tipes vet (soos versadigde, mono-onversadigde en poli-onversadigde vette), ons reaksie op fisiese aktiwiteite, en selfs faktore soos versnapperings gedrag en ‘n gevoel van vol wees.

Wanneer jy jou gene laat toets, laat dit jou toe om die omgewings- en leefstylfaktore te leer ken en aan te spreek. Wanneer ons ons unieke genetiese variasies verstaan, dan kan ons die komplekse legkaart bymekaar sit van ons gesondheid, en so ons benadering tot ons eetplan verpersoonlik.

Dit help ons om baie van die raaiwerk uit te skakel en ons te fokus op die korrekte eetplan. Dus mag dit wees dat ‘n lae koolhidraat/hoë vet dieet vir ‘n vriend help om drasties gewig te verloor, maar dit het nie vir jou gewerk het nie.

Kan ek my ouers blameer vir my gewig?

Dit is ‘n skrikwekkende statistiek dat twee uit drie vroue in Suid Afrika oorgewig/vetsugtig is en net onder een derde van mans oorgewig/vetsugtig is. Dit is kommerwekkend om oorgewig te wees aangesien dit ‘n persoon se risko vir ander chroniese siektes soos kanker, hartsiektes en tipe 2-diabetes verhoog, en kan lei tot ‘n laer lewensgehalte.

Daar is bewyse dat vetsug ‘n genetiese basis het. Die risiko van ‘n kind om oorgewig te wees is 10 keer hoër wanneer albei ouers oorgewig is en tot 4 keer hoër wanneer een ouer oorgewig is.

Daar is ook navorsing wat bewys dat variasies in enkele gene geassosieer kan word met oortollige gewig. Hier is ‘n paar geen variasies en hoe dit ons gewig kan beïnvloed:

  • Variasies in die geen FTO word geassosieer met vetsug. FTO verhoog ook die risiko van tipe 2-diabetes en hart siektes deurdat die geen die effek het om liggaamsvet te vermeerder. Mense met ‘n sekere variasie mag ‘n groter risiko vir vetsug hê wanneer hul onaktief is en baie versadigde vette eet (bv vetterige vleis, hoendervel, klapperolie). Boonop word hierdie geen gekoppel aan die regulering van jou eetlus en ‘n verminderende gevoel van vol wees na etes.
  • Mense met die genetiese variasie van ADRB2 sukkel om gewig te verloor weens die neiging om dieetvet te stoor as liggaamsvet. ADRB2 mag ook ons sensitiwiteit tot koolhidrate affekteer, wat kan lei dat ons konsentreer op die hoeveelheid koolhidrate in ons dieet.
  • FABP2 kodeer ‘n proteïen wat gevind word in die dunderm wat vet absorbasie en metabolisme aantas.
  • PPARG speel ‘n rol in die manier hoe vet selle gemaak word en is uiters sensitief vir die hoeveelheid vet in die dieet. Mense met hierdie geen variasie het ‘n hoër risiko vir ‘n groter middellyf omtrek.
  • ‘n Variasie in ADRB2 kan die liggaam traag maak in die afbreek van vet, wat beteken jy kan stadig gewig verloor. Die geen dui aan dat dieet uiters belangrik is in gewigsbestuur.
  • ‘n Variasie in die POA5 geen verhoër die risiko vir gewig optel en minder gewigsverlies wanneer ‘n hoë vet dieet gevolg word, veral as dit ryk is aan versadigde vette. Dit wil sê dat mono-onversadigde vette baie belangrik sal wees in hul dieet.
  • ‘n Geen bekend as die TCF7L2 word gekoppel aan vet massa en vetsug en variasies mag jou op ‘n hoër risiko sit vir vetsug wanneer jy onaktief is en baie versadigde vette eet.

Ons is Meer as Net ons Gene

Wetenskaplikes is versigtig om nie te veel klem te lê dat gene ‘n basis is vir die vinnige toename in die voorkoms van oorgewig/vetsug. Alhoewel gene ‘n groot rol mag speel, is dit moeilik om te weet watter deel het ‘n werklike invloed en watter deel is afhanklik van ‘n groep faktore wat binne ‘n familie voorkom.

Want bo-en-behalwe ‘n direkte genetiese neiging om oorgewig te wees, mag ons ook die swak gewoontes aanleer van ons ouers wat ons gewig kan affekteer, soos om groot porsies te eet, onaktief te wees, drankies met baie suiker te drink met maaltye, of om elke maaltyd af te sluit met nagereg.

Vir hierdie rede is dit belangrik dat ons besef dat die oorsaak van vetsug uit baie faktore bestaan. Terwyl daar ‘n genetiese komponent is aan vetsug, is hierdie net ‘n deeltjie van die groter en baie komplekse legkaart in die bestuur van gewig.

Om te weet van jou gene is eenvoudig net nie genoeg nie: ons moet nogsteeds stappe neem om ons gewig en algehele gesondheid te verbeter. Terwyl genetiese toetse nie gewigsverlies-planne op sigself is nie, kan die toetse ‘n hulpmiddel wees wat gebruik kan word deur geregistreerde dieetkundiges.

Dit kan jou help om die nodige dieetveranderings te implementeer en jou gedrag te verander deur jou persoonlike genetiese resultate in ag te neem. Hierdie resultate kan ons op ‘n pad van langtermyn en suksesvolle gewigsverlies lei.

VERWYSINGS

  1. H TJ, Lin E. The Pro12Ala polymorphism in the peroxisome proliferator-activated receptor gamma (PPARG) gene in relation to obesity and metabolic phenotypes in a Taiwanese population. Endocrine. 2015; 48(3):786–793.
  2. Liu Y et al. Association of the FABP2 Ala54Thr polymorphism with type 2 diabetes, obesity, and metabolic syndrome: a population-based case-control study and a systematic meta-analysis Genetics and Molecular Research. 2015; 14(1):1155-1168.
  3. Loos RJF, Yeo GSH. The bigger picture of FTO – the first GWAS-identified obesity gene. Nature reviews Endocrinology. 2014;10(1):51-61. doi:10.1038/nrendo.2013.227.
  4. Rhada V, Mohan V. Obesity – Are we continuing to play the genetic “blame game”? Advances in Genomics and Genetics. 2016;6:11-23.
  5. Saliba LF. et al. Obesity-related gene ADRB2, ADRB3 and GHRL polymorphisms and the response to a weight loss diet intervention in adult women. Genet. Mol. Biol., 2014; 37(1): 15-22.
  6. South Africa Demographic and Health Survey 2016: Key Indicator Report, Statistiek Suid Afrika.
  7. Szendrei B et al. Influence of ADRB2 Gln27Glu and ADRB3 Trp64Arg polymorphisms on body weight and body composition changes after a controlled weight-loss intervention. Applied Physiology, Nutrition, and Metabolism, 2016, 41(3): 307-314.
%d bloggers like this: