Hoe om jou Immuniteit te verbeter met Goeie Voedingswaarde

Hoe om jou Immuniteit te verbeter met Goeie Voedingswaarde
Hoe om jou Immuniteit te verbeter met Goeie Voedingswaarde

Ons ontsmet. Ons volg ‘n sosiale afstand. Ons dra maskers.

Dit alles in ‘n poging om die verspreiding van siektes te beheer terwyl die wêreld ‘n oorlog teen die Covid-19 pandemie veg.

Dit is goed om te weet dat ons liggaam sy natuurlike beskermingstelsel perfek aanpas om virusse, bakterieë en ander kieme wat siektes veroorsaak te beveg : Deur middel van ons Immuniteitsstelsel.

Wat is die Immuunstelsel?

Die immuunstelsel is ons liggaam se natuurlike beskermingstelsel, wat 24/7 werk om die liggaam te beskerm.

Dit werk soos ‘n weermag met sy soldate (byvoorbeeld immuniteitselle soos limfosiete, makrofage en natuurlike uitwissende selle) wat altyd gereed staan om te veg op die oorlogsveld.

Daar is eintlik 2 tipes immuniteits reaksies, elkeen met sy eie funksie

  • Die natuurlike immuniteitsstelsel werk vinning, binne minute tot ‘n paar uur, om bedreigende patogene te identifiseer en vernietig.
    Die natuurlike immuniteitsstelsel bestaan uit fisiese keerwalle (soos die vel en die spysverteringstelsel), asook ander tipe biochemiese prosesse wat die effektiwiteit van teenliggaampies, witbloedselle en anti-flammatoriese reaksies verbeter om bedreiging te beveg.

  • Die tweede tipe immuniteits reaksies word die aanpasbare immuniteitsstelsel genoem.
    Die aanpasbare immuniteitsstelsel reageer baie stadiger as die natuurlike immuniteitsstelsel. Hierdie sisteem gebruid witbloedselle soos B-limfosiete, T-limfosiete, immunoglobien and ander liggaamsvloeistowwe en is verantwoordelik vir die immuniteitsstelsel se geheue.
    Dus, in die geval van ‘n infeksie deur dieselfde patogeen is daar ‘n baie vinnige en direkte aanval op die immuniteitsstelsel.

Hoe kan ek my Immuniteitsstelsel verbeter?

In hierdie tye waar ons moontlik buite beheer kan voel om ons liggame teen siektes en infeksie te beskerm, is dit goed om te weet dat goeie voedingswaarde ‘n baie groot rol speel om ons immuniteit tip-top te hou.

‘n Gesonde en gebalanseerde dieet wat uit ‘n verskeidenheid kosgroepe bestaan beteken dat jy ‘n verskeidenheid nutriënte inneem.

Hier is ‘n paar van die belangrikste nutriënte wat nodig is vir optimale immuniteits ondersteuning 1:

  • Vitamiene A: Ons vel is ons liggaam se eerste linie van selfverdediging teen bakterieë en virusse, so dis verstaanbaar dat die vel ‘n groot rol speel om ons immuniteit te verbeter.
    Ons vel benodig Vitamiene A vir ons immuniteitsstelsel om normaal te funksioneer. Botterskorsie, pampoen en wortels is voorbeelde van kos wat beta-karotene bevat, en ons liggaam verander dit weer na Vitamiene A toe. Bees- of hoenderlewers is ook ‘n bekostigbare bron van Vitamiene A.

  • Vitamiene C: Dit is wyd bekend dat Vitamiene C baie belangrik is om ons immuniteitsstelsel gesond en sterk te hou. 3
    Vitamiene C beskerm ons liggaamsselle teen beskadiging en ondersteun ook die normale funksie van die vel.
    Ons liggaam kan nie Vitamiene C vervaardig of stoor nie, dus moet ons dit gereeld inneem. Winter-gunstelinge soos nartjies en lemoene is uitstekende bronne van Vitamiene C, so ook aarbeie, papaja’s, mango’s, kiwi’s, groenpepers en broccoli.

  • Vitamiene D: Vitamiene D dra by tot die normale funksie van ons immuniteitsstelsel.
    Die nuutste navorsing toon dat Vitamiene D selfs die risiko kan verlaag van griep of Covid infeksies en sterftes.4
    Een van die beste bronne van Vitamiene D is deur blootstelling aan die son want die vel kan Vitamiene D vervaardig van sonlig.
    Jy kan ook klein hoeveelhede Vitamiene D inneem van geblikte vis soos bv. sardientjies ( veral as jy die grate eet). Sampioene bevat ook Vitamiene D. Interessant, as jy ‘n sampioen in die son los vir 15 minute verhoog dit die Vitamiene D inhout tussen 10 -30 maal.

  • B-vitamienes: Die B-vitamiene groep [veral vitamien B6 (piridoksiene), vitamien B9 (folaat) en vitamien B12 (kobalamien)] dra by tot die normale funksie van ons immuniteitsstelsel.
    Vitamiene B6 word gevind in hoender, vis, hawermout, piesangs en grondboontjies.
    Folaat kom natuurlik voor in groen blaargroentes, neute en boontjies en Vitamiene B12 word in alle diere produkte gevind bv. vleis, hoender, vis, eiers en suiwelprodukte.

  • Sink: Sink is in amper elke sel in ons liggaam teenwoordig.
    Sink is ‘n noodsaaklike mineraal wat nie deur die liggaam vervaardig of gestoor kan word nie, wat beteken dat ons sink-ryke kosse moet inneem om aan ons daaglikse behoeftes te voldoen.
    Sink is belangrik vir immuniteit en om wonde gou gesond te maak 5, so dit is kommerwekkend dat 2 uit elke 10 persone nie voldoende Sink inneem nie. 6 Bekostigbare bronne van sink-bevattende kosse is beesvleis, gebakte boontjies, pap en hoenderstukke, asook party joghurts wat nou in SA vervaardig word bevat Sink.

  • Koper: Dit speel ‘n rol in die funksionering van spesifieke immuniteitsselle soos macrofages, neutrofiele en monosiete. Koper verbeter ook die werking van natuurlike beskermingsselle wat die verspreiding van infeksie beperk.
    Nuwe bewysstukke wys dat Koper moontlik die potensiaal bevat om die Corona virus te vernietig. 7 Avokados bevat hoë vlakke van Koper, met 1 porsie wat gemiddeld ‘n derde van ons daaglikse Koper behoeftes vervul.

  • Alhoewel dit nie noodwendig as ‘n nutrient gesien word nie, kan vesel ook indirek ons immuunstelsel ondersteun.
    Die rede hiervoor is dat ‘n ongelooflike 65% van ons immuunstelsel in ons spysverteringskanaal gevind word en ons weet dat vesel die gesondheid hiervan bevorder.
    Ongelukkig neem baie Suid-Afrikaners minder in as wat ons daaglikse vesel behoefte is9. Vesel word gevind in plantgebaseerde kosse soos vrugte, groente, bone en heelgrane.

  • Ons immuunstelsel werk op sy beste wanneer ons slaap10, so mik om ‘n gesonde slaaproetine te ontwikkel.
    Om aktief te wees verbeter ook ons liggaam se beskermingstelsel.
    Dit is belangrik om te onthou dat om net gesond te eet nie die behoefte om goeie higiëne toe te pas elimineer nie.
    Ons om gereeld te ontsmet/hande te was en jou mond toe te hou wanneer jy hoes of nies.

Die FitChef-verskil

Ons FitChef maaltye wat gemaak word van gesonde, natuurlike kosse soos vrugte, groente en grane met ‘n hoë veselinhoud, is vol van nutriente en vesel wat jou immuunstelsel ondersteun.

Bronne

  1. Gombart et al; A review of micronutrients and the immune system working in harmony to reduce the risk of infection. Nutrients, 2020;12:236.
  2. Calder PC, Carr AC, Gombart AF, Eggersdorer M. Optimal nutritional status for a well-functioning immune system is an important factor to protect against viral infections. Nutrients. 2020;12:1181.
  3. Hemila H, Chauker E. Vitamin C for preventing and treating the common cold. Cochrane Systematic Review- Intervention Version. 2013. DOI: 10.1002/14651858.CD000980.pub4
  4. Grant WB et al. Evidence that Vitamin D Supplementation Could Reduce Risk of Influenza and COVID-19 Infections and Deaths. Nutrients 2020, 12, 988.
  5. Wessels I et al. Zinc as a gatekeeper of immune function. Nutrients. 2017;9:1286.
  6. Wessells KR, Singh GM, Brown KH. Estimating the Global Prevalence of Inadequate Zinc Intake from National Food Balance Sheets: Effects of Methodological Assumptions. PLoS One. 2012;7(11): e50565. Doi: 10.1371/journal.pone.0050565.
  7. Raha S et al. Is copper beneficial for COVID-19 patients? Medical Hypotheses. 2020;142: 109814.
  8. Mayer EA, Tillisch K, Gupta A. Gut/brain axis and the microbiota. Journal of Clinical Investigation. 2015;125(3):926–38.
%d bloggers like this: