Geen voordele aan Geprosesseerde Vleisprodukte en Kanker nie
Het jy geweet dat vir elke 50g geprosesseerde vleis wat jy daagliks inneem jy jou risiko om kanker te kry verhoog met 18%.
Dit is ongeveer 4 snye ham of een worsbroodjie.
Hierdie is luidens die International Agency for Research on Cancer (IARC), wat bestaan uit u2018n groep wetenskaplikes wat navorsing ontleed het om geprosesseerde vleis as een van die besliste oorsake van kanker te klassifiseer.
Hierdie klassifikasie plaas on geliefde varkspek in dieselfde kategorie as tabak, wat beteken dat die bevindings dat geprosesseerde vleis kanker voorsaak net so sterk is as wat rook kanker veroorsaak.
Die bewys is amper dieselfde vir rooi vleis:
Vir elke 100gr rooi vleis wat jy daagliks inneem, is daar u2018n verhoogde kanker risiko van 17%.
Terwyl ons weet dat kanker u2018n komplekse siekte is, weet ons ook dat ons baie can doen om ons risiko te verminder.
Die IARC deskundiges het tot die gevolgtrekking gekom dat deur geprosesseerde vleis te eet dit kan lei tot kolorektale kanker en daar is ook u2018n verbintenis met maag kanker (alhoewel die bevindings nie so sterk bewys kan word nie).
Hoe dit ook al sy, dit lyk asof dit help om die hoeveelheid geprosesseerde vleis wat ons inneem te monitor as u2018n beginpunt in die geveg teen kanker.
Wat is Geprosesseerde Vleis?
Geprosesseerde vleis is vleis wat gepreserveer is deur dit te sout, verouder, te rook of om chemise preserveermiddels by te voeg.
Terwyl die meeste geprosesseerde vleis gemaak word van beesvleis of vark, kan dit ook van hoender of afval gemaak word.
Notea: Vleis wat meganiese geprosesseer word (gesny of gemaal) word nie beskou as geprosesseerde vleis nie.
Volgens amptelike lyste is die volgende geprosesserde vleis:
- Ham, bereide varkspek
- Worsies, salami, viennau2019s
- Gesoute en behandelde vleis, soutvleis
- Gerookte vleis
- Gedroogde vleis, biltong
- Geblikte vleis
- Polonie vleis
Ongelukkig, in Suid-Afrika waar so baie gesinne leef van maand tot maand, is geprosesseerde polonie vleis soveel as 27% goedkoper as om u2018n hele hoender te koop.
Dit is dus verstaanbaar hoekom dit makliker is om jou yskas te vul met geprosesseerde vleis.
Om hierdie redes moet jy jou porsies Geprosesseerde vleis monitor
Daar is vier hoof groepe van chemikaliu00ebe of samestellings wat wetenskaplikes dink die rede is die risiko van kanker :
Heme-yster
Heme-yster is u2018n yster wat in die hemoglobien van vleis gevind word, en dit is verantwoordelik om suurstof in die bloed te vervoer. Heme-yster word makliker deur die liggaam opgeneem as Nie-heem yster (wat bv in boontjies en spinasie gevind word.
Heme-yster word in all vleis gevind maar is hou00ebr in vark lewer, hoender lewer, oesters, mossels, bees lewer, lewer patee en sardientjies.
Wanneer dit afgebreek word deur die dermkanaal, produseer Heme-yster N-nitrose chemikaliu00ebe wat die voering van die spysverteringskanaal beskadig en kan lei tot kanker.
Heme-yster verhoog die vorming van gevaarlike heterosikliese aromiese amienes (HAA), wat veral geproduseer word wanneer geprosesserde vleis teen hou00eb temperature voorberei word.
Heterosikliese aromiese amienes (HAA
Is karsinogene wat gevorm word gedurende die kook van vleis teen u2018n hou00eb temperatuur. Met ander woorde, verkoolde vleis of goedgaar vleis is slegter as minder-gaar gekookte vleis.
Dit is hoekom gerookte vleis gevaarliker is omdat hierdie vleis teen baie hou00eb temperature voorberei word.
Nitrate (Sodium Nitrate)
Sodium nitrate word gebruik as u2018n preserveermiddel and kan jou bloedvervoerstelsel beskadig wat veroorsaak dat jou are meer geneig is om te verhard en te vernou, wat lei tot hartkwale.
Nitriete
Die preserveermiddel sodium nitriet word gebruik in geprosesseerde vleis en verkleur dit pienkerig.
Onder sekere omstandigheide in die menslike liggaan kan nitriete selle beskading en verander in molekules wat kanker veroorsaak.
Meer oor Nitriete en Nitrate
Laastens, die nitriete en nitrate wat as preserveermiddels gebruik word in geprosesseerde vleis vervaardig ook N-nitrose chemikaliu00ebe wat kan lei tot kanker in die intestines.
Mag u2018n klein porsie varkspek en biltong op die spyskaart bly?
Boegenoemde navorsing en bewyse herinner ons om te kyk na hoeveel rooi- en geprosesseerde vleis ons inneem, asook hoe gereeld.
Die World Cancer Research Fund beveel aan dat ons mik vir minder as 300gr rooi vleis per week, en baie min indien enige geprosesseerde vleis word aanbeveel.
Die American Institute of Cancer Research beveel ook aan om so min as moontlik geprosesseerde vleise in te neem.
Die goeie nuus is dat jy nogsteeds jou vereiste nutriu00ebnte kan inneem met min rooi- en geprosesserde vleis.
- Porsies: Wanneer jy rooi vleis eet beperk jou porsies tot die voorgestelde 300gr per week. Dit is ongeveer u2018n handpalm-grootte porsie rooi vleis nie meer as 2 keer per week nie. Dit sluit in alle snitte rooi vleis soos maalvleis, beeshaas, varktjoppies, skaaptjoppies en dies meer.
- Verdun: Beheer porsies verder deur die rooi vleis te u201cverdunu201d in elke maaltyd. Bv. voeg lensies by maalvleis disse or kekerertjies by vleis-basis kerries.
- Wissel jou peuselhappies af: Terwyl biltong en drou00ebwors u2018n proteu00efenryke peuselhappie is, probeer ander opsies soos gekook eiers, suiwel of geroosterde kekerertjies. Hou peuselhappies byderhand soos FitChef Smoothies, Amazeballs (Coconut or Cranberry), Pine Nibbles, Nuts Snack, Trail Mix and Berry Bars.
- Verruil: Indien polonies, ham of ander koue vleis u2018n gunsteling is op toebroodjies, verruil dit eerder vir u2018n gesonder opies soos gekookte eiers, hoender oorskiet, tuna of fyngemaakte kekerertjies met maaskaas.
- Hoender & Vis: Verander bietjie jou soektog na resepte en begin idees vir hoender- en visdisse bymekaar maak. Moenie die gerief vergeet van hoender- en visgeregte uit die FitChef reeks nie. (Nota: Donkerder snitte van pluimvee en baie soorte vis bevat wel Heme-yster, maar in laer dosisse.
- Eet meer eiers : Eiers hoef nie beperk te word tot ontbyt nie. Gebruik u201cfree-rangeu201d eiers van FitChef, maak u2018n frittata vir aandete vol verskillende groente soos baba spinasie, gesnyde sampioene, gerasperde wortels en gekapte rooi uie.
- Suiwel van vrybewegende diere: Plaas u2018n bestelling in die FitChef Dairy Aisle vir melk, joghurt en kaas.
- u201cFlexitarianismu201d u2013 Mik om ten minste een keer u2018n week geen vleis te eet nie deur plant-gebaseerde proteu00efene soos bone, kekerertjies en lensies by jou dieet te voeg. Indien jy kans sien, daag jouself uit om ten minste een maal u2018n kwartaal vir u2018n kort periode geen vleis te eet nie. Die FitChef Vegan and Vegetarian Kits is u2018n gerieflike manier om jou te help om dit reg te kry.
- Etikette: Lees die kos etikette om uit te kyk vir woorde soos nitrate, nitriete, verouderd of gesout, wat jou u2018n idee gee of jou keuse geprosesseer is.
References / Verwysings:
- Global Burden of Disease Cancer Collaboration. Global, regional, and national cancer incidence, mortality, years of life lost, years lived with disability, and disability-adjusted life-years for 32 cancer groups, 1990 to 2015. A systematic analysis for the global burden of disease study. JAMA Oncol. 2017. Published online December 3, 2016; doi:10.1001/jamaoncol.2016.5688.
- International Agency for Research on Cancer. Consumption of red meat and processed meat. IARC Working Group, 2015.
- International Agency for Research on Cancer/ World Health Organization. GLOBOCAN 2012. Available online: http://globocan.iarc.fr/Pages/Map.aspx#. Accessed 14 February 2018.
- Kassier SM. Colon cancer and the consumption of red and processed meat: an association that is medium, rare or well done? SAJCN.2016;29(4):145-149.
- World Cancer Research Fund International. Cancer prevention and survival. Summary of global evidence on diet, physical activity and what increases or decreases your cancer risk. 2016.
- World Cancer Research Fund/ American Institute for Cancer Research. Food, nutrition, and the prevention of cancer: a global perspective. Washing DC; American Institute for Cancer Research. 2007
- World Health Organization. Carcinogenicity of consumption of red and processed meat. Lancet. 2015;16:1600-1601.
- World Health Organization. Q&A on the carcinogenicity of the consumption of red meat and processed meat. Geneva: WHO; 2015. Available from: http://www.who.int/features/qa/cancer-red-meat/en/ Miller V et al. Estimated global, regional, and national cardiovascular disease burdens related to fruit and vegetable consumption: an analysis from the Global Dietary Database. Current Developments in Nutrition. 2019;3(S1). Available from: https://doi.org/10.1093/cdn/nzz028.FS01-01-19.











